Trump kry sy spesiale meester vir dokumente

‘n Federale regter het ingestem tot die voormalige president van Amerika, Donald Trump, se versoek dat ‘n spesiale meester die dokumente deurgaan wat die FBI verlede maand uit sy Mar-a-Lago landgoed in Florida gekonfiskeer het. Die uitspraak sal voorkom dat die Departement Justisie die dokumente verder vir sy kriminele ondersoek kan deurgaan. Die regter sê die regering mag egter voortgaan om die gekonfiskeerde materiaal te hersien en vir intelligensie klassifikasie en nasionale veiligheidsbepalings te gebruik. Sowat 33 houers met hoogs geheime lêers is uit Trump se persoonlike kantoor verwyder.