Ramaphosa verdien nie ‘n tweede termyn nie

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Tony Yengeni, sê President Cyril Ramaphosa verdien nie om vir ‘n tweede termyn te dien nie. Hy het sy leierskap gekritiseer en sê die regerende party kon onder sy leierskap nie daarin slaag om besluite wat tydens die konferensie op Nasrec bespreek is, in werking te stel nie. Yengeni het die komiteelede gekritiseer wat openlik Ramaphosa se herverkiesing vir nog ‘n termyn ondersteun: