Die T20-reeks was goeie voorbereiding vir die Eagles – Muller

Hoewel die T20 Global Namibia-reeks nie so goed vir die Richelieu Eagles gegaan het nie, is Krieket Namibië baie tevrede met die vordering wat die span maak het. Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte, Johan Muller sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het geweet hierdie toernooi sal nie maklik wees nie, maar hulle wil dit gebruik om die spelers te toets sodat dit sal help om ‘n sterk span vir die Mans T20 Wêreldbeker te kies.