Trump kap hard terug teen Biden

Donald Trump bestempel die FBI se klopjag op sy huis in Florida as ʼn bespotting van die reg. Die voormalige Amerikaanse president het sy eerste openbare verskyning gemaak sedert die klopjag bykans ‘n maand gelede. Trump het ondersteuners in Pennsylvania toegespreek en gesê die klopjag sal ‘n teenreaksie ontlok soos nog nooit tevore nie. Hy het ook teruggekap na sy opvolger, Joe Biden, wat Trump-ondersteuners as ekstremiste beskryf.

Volgens Trump was Biden se jongste toespraak die mees kwetsende, haatdraende en verdelende nog deur ‘n Amerikaanse president. Hy sê Biden is die werklik vyand van die land.