Kinders met kanker die maand onder die loep

September is Bewustheidsmaand vir Kinders met Kanker. Die veldtog poog om inligting te versprei oor die soorte, simptome en behandeling van kanker by kinders. Die Beenmurgskenkersentrum sê die jongste statistieke dui daarop dat gemiddeld 800 tot 1 000 kinders in Suid-Afrika jaarliks vir die eerste keer met kanker gediagnoseer word. Volgens die kommunikasiebestuurder van die organisasie, Nabiella de Beer, word na raming die helfte van alle kinders met kanker nooit gediagnoseer nie. De Beer sê meer bewustheid is nodig in landelike gebiede van Suid-Afrika: