Trump het vir 187 minute nie ‘n vinger gelig op 6 Januarie nie

Die gekose komitee wat die opstand op 6 Januarie by Capitol Hill ondersoek, het sy agtste openbare verhoor gehou. Die sessie het gekyk na die 187 minute vandat die opstand om tien-oor-een begin het tot 17 minute oor vier, toe daar die eerste keer van oudpresident Donald Trump gehoor is. Hy was sedert sy politieke byeenkoms in Washington net voor die opstand begin het, dood stil en het geen opdragte aan die weermag of ander owerhede gegee nie. Elaine Luria ‘n lid van die komitee het dit so uiteen gesit.

Trump het in die eetkamer van die Withuis gesit en Fox-nuus gekyk. Withuis-personeel het hom herhaaldelik gemaan om ‘n beroep op sy ondersteuners te doen om op te hou maar, hy het net na twee-uur getwiet dat sy adjunk, Mike Pence, nie braaf genoeg was om die verkiesing-uitslag om te keer nie, wat tot verdere geweld gelei het. Adam Kinzinger, ook ‘n lid van die komitee…