Namibiese omgewingsministerie ontken bewerings van REST se roofvoëls

Die Namibiese omgewingsministerie sê die bewerings wat deur die Rare and Endangered Species Trust, bekend as REST, en N/a’an ku sê gemaak is, is ongegrond. Dit volg op die N/a’an ku sê-stigting wat die Windhoekse hoërhof genader om ‘n dringende hofbevel te kry om die omgewingsministerie te stop om sekere bedreigde voëls en ’n aasvoël-eier, wat tans in die sorg en beskerming is REST, te verwyder en te hervestig. Die ministerie sê in reaksie REST het voorgestel dat die roofvoëls verwyder word, want hulle wil nie meer die voëls in aanhouding sonder ‘n permit aanhou nie. Volgens die ministerie was REST se vervoerpermitte nie volgens korrekte prosedure gedoen nie en N/a’an ku sê het nie ‘n reg gehad om vir vervoerpermitte aansoek te doen nie.