Ekonoom sê inflasie sal begin afplat teen einde 2022

Die Suid-Afrikaanse monetêre beleidskomitee se besluit om die rentekoers met 75 basispunte te verhoog, kom op ‘n tydstip waar sake- en verbruikersvertroue reeds laag is. Dit is die mening van ‘n ekonoom by die Noordwes-Universiteit se sakeskool, Raymond Parsons. Ná die styging van 75 basispunte, is die repokoers nou 5,5 persent. Parsons sê daar is eksterne en interne redes wat daarop dui dat die inflasiekoers binnekort ‘n hoogtepunt sal bereik en teen die einde van die jaar sal begin afplat: