Trump het oortree deur Biden te probeer keer – regter

‘n Amerikaanse federale regter het bevind oudpresident Donald Trump het waarskynlik verskeie oortredings begaan om te probeer keer dat Joe Biden die presidentsverkiesing wen. Regter David Carter het Trump se regsverteenwoordiger, John Eastman, opdrag gegee om honderde e-posse te oorhandig aan die Huis van Verteenwoordigers se gekose komitee wat die aanval op die Capitol in Januarie verlede jaar ondersoek. Ondersteuners van Trump het die setel van die Amerikaanse Kongres bestorm in ‘n poging om Biden se oorwinning omver te werp. Volgens oorsese media het Eastman probeer om die e-posse oor die onwettige optrede vir die ondersoek weg te steek.