Lugbesoedeling en Covid

Daar is toenemende druk op die Europese Kommissie om beter oplossings te vind met die komende hersiening van die Europese Unie se riglyne oor luggehalte. Dit volg op wetenskaplikes se bevindings oor die verband tussen lugbesoedeling en die uitwerking van Covid-19. Volgens navorsing deur die Nederlandse konsultasiemaatskappy CE Delft, kon die vlakke van lugbesoedeling  moontlik die verspreiding en felheid van die koronavirus laat toeneem het. Daar was glo ‘n tydelike verbetering in die luggehalte gedurende gedwonge inperkings wat moes keer dat die virus versprei.