ANC mors met verkiesingswet – Outa

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika het die buurland se Parlement se openbare verhore oor die Verkiesingswysigingswetsontwerp beskryf as ‘n oefening in openbare betrekkinge eerder as ‘n daad van openbare belang. Outa sê die verhore wil ‘n minderheidsposisie bevorder en eerbiedig nie die gees van die Konstitusionele Hof se uitspraak nie. Die organisasie se woordvoerder, Rachel Fischer, is bekommerd oor die manier waarop die wetsontwerp hanteer word. Sy sê die wetsontwerp word oorhaastig verwerk en bevorder slegs een verkiesingsmoontlikheid: