Trump het gewelddadig geraak, en gevloek

Getuienis wat deur Cassidy Hutchinson, die uitvoerende assistent van die voormalige personeelhoof van die Withuis, Mark Meadows, voor die gekose komitee gelewer is toon dat oudpresident Donald Trump baie kwaad was dat ondersteuners by sy politieke byeenkoms op die oggend van 6 Januarie weggewys is omdat hulle wapens aan hulle gehad het. Inteendeel hy het gesê die metaalverklikkers moet verwyder word omdat hulle hom nie sou seermaak nie. Hy het ook na die byeenkoms gewelddadig geraak toe hy in die president se amptelike voertuig, The Beast, geklim het en hy ingelig is dat hulle terugkeer na die Withuis toe en nie Capitol Hill nie.