AR gaan hof toe oor vertraging in vakbondregistrasie

Die Affirmative Repositioning-beweging het bevestig dat hy die arbeidministerie hof toe gaan sleep oor die vertraging in die registrasie van sy vakbond. Die beweging se leier Job Amupanda sê die arbeidskommissaris Henri Kassen het die vakbond se registrasie gedurende 2021 aspris vertraag. Die vakbond is reeds vroeg verlede jaar gestig en die nodige dokumente is reeds ingedien maar, daar is tot op hede nog geen sertifisering deur die ministerie nie. Daar was aanpassings wat aan sy aansoek gemaak moes word wat Amupanda bevestig gedoen is en tog, sê hy, staan die proses stil.