Eskom en vakbonde stem in beginsel saam, werkers moet terugkeer

Eskom het in beginsel met die metaalwerkersvakbond Numsa en die Nasionale Unie van Mynwerkers saamgestem oor die pad vorentoe wat loononderhandelings betref. Dit word Vrydag by die Sentrale Bedingingsforum bespreek. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit belangrik om in ag te neem dat al keer die werkers vandag terug werk toe, die stelsel tyd sal neem om te herstel:

Intussen sê Numsa en NUM die vordering met loononderhandelings is bemoedigend. Numsa het aanvanklik ‘n 15 persent verhoging vir almal geëis, maar dit vroeër die maand by die derde ronde samesprekings tot 12 persent verminder. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle en NUM moedig lede aan om terug te keer werk toe: