Tropiese storm looi Madagaskar

Swaar reënval van die tropiese storm Cheneso in Madagaskar het die dood van 16 mense veroorsaak met 17 wat vermis word. Die storm, wat op 19 Januarie die land bereik het, is die eerste vir 2023. Die storm, wat reeds in die see beweeg het, het tot dusver meer as 60 000 mense ontwortel met 13 000 huise en 100 klaskamers wat beskadig is. Madagaskar en Mosambiek is die afgelope paar jaar herhaaldelik getref deur hewige storms en siklone wat huise, infrastruktuur en oeste vernietig en groot getalle mense verplaas het.