Tsumeb-munisipaliteit sê daar is geen vloedskade nie
Swaar reën het volgens foto’s op sosiale media skade aan eiendomme op Tsumeb aangerig. Daar is ook beeldmateriaal wat voorkom soos ‘n kitsvloed. Die munisipaliteit se skakelbeampte Stella Imalwa-Nangolo, sê die dorp het uiters goeie dreineringstelsels en terwyl daar swaar donderbuie op die dorp neergesak het, is hulle nog nie ingelig oor enige vloedskade of, skade aan infrastruktuur nie.