Tyre-dood: Mense moet kalm bly wanneer beelmateriaal bekendgestel word

Die Amerikaanse President Joe Biden, het beroep op die publiek gedoen om kalm te bly te midde van die owerheid se beoogde uitreiking vanaand van ‘n video oor die inhegtenisneming van Tyre Nichols in Tennessee. Die video is met ‘n lyfkamera verfilm. Die 29-jarige Nichols is dood drie dae nadat hy op 7 Januarie by ‘n padblokkade voorgekeer is en ‘n bakleiery uitgebreek het. Vyf polisiebeamptes van Memphis is afgedank en van moord aangekla. Tennessee se direkteur van ondersoeke, David Rausch, sê hy het die beeldmateriaal gesien en vind dit absoluut afgryslik: