Tropiese storm Elsa gaan Amerika dalk vandag tref

Die tropiese storm Elsa is op pad na Amerika en sal waarskynlik vandag land tref. Dit sal moontlik stormstuwings, oorstromings en enkele tornado’s aan die kus van Florida veroorsaak. Die storm sal met swaar reën en wind gepaard gaan. Goewerneur Ron DeSantis het gister die noodtoestand uitgebrei om 33 distrikte in te sluit wat nou meer as 12-miljoen mense onder waarskuwing van ‘n tropiese storm plaas. Florida se nasionale wag is gereed om humanitêre hulp te verleen en sekuriteit- asook soek-en reddingsoperasies uit te voer.