DA vra polisieminister om betogers by Nkandla vas te vat

Die DA vra die minister van polisie, Bheki Cele, om op te tree teen betogers wat die naweek inperkingsregulasies oortree het buite Nkandla in KwaZulu-Natal. Ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma is toegelaat om in groot getalle byeen te kom sonder enige oënskynlike sosiale afstandhouding. Okkie Terblanche van die DA sê die minister en sy amptenare is maar te gewillig om sulke regulasies af te dwing op talle weerlose burgers sonder politieke bande.