Tronke verskerp Covid-maatreëls

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het maatreëls in verband met Covid verskerp. Daar sal geen verdere verplasings tussen fasiliteite wees nie en alle nuwe gevangenes moet vir sewe dae isoleer voor hulle by die algemene bevolking in die fasiliteit kan aansluit. Familielede moet verkieslik telefonies kontak maak omdat geen besoeke op die huidige tydstip toegelaat word nie. Regsverteenwoordigers moet reëlings met die bevelvoerder tref voor hulle kliënte besoek.