Spele: Lid van Israelse span is Covid+

Na die aankondiging dat daar geen toeskouers by die Olimpiese Spele in Tokio toegelaat sal word as gevolg van die noodtoestand in die stad nie, berig internasionale nuusagentskappe dat ‘n lid van die Israelse span wat in Japan aangekom het, positief getoets het vir Covid. Dit volg nadat lede van die Ugandese span oor vroeër positief was vir Covid met latere bevestiging dat hulle die Delta-variant van die virus gehad het. Die Spele open oor twee weke en duur tot 8 Augustus.