Gemeenskappe het niks teen DDT nie, hulle verstaan nie besproeiing nie

Die hoof van Elimin8 Malaria-veldtog, en voormalige gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi sê hulle het vanjaar met ‘n bewusmakingsveldtog begin om te verseker dat gemeenskappe verstaan hoekom besproeiing tee muskiete en dus malaria, binnenshuis nodig is. Sy aanmerkings kom op die aankondiging dat die dekking verlede jaar 23 persent van hoë-risiko gebiede was terwyl dit nader aan 85 persent moet wees. Kamwi sê dit het niks met die gebruik van DDT uit te waai nie… dis dat die mense nie verstaan hoekom besproeiing plaasvind nie.