Trofeejag aan oor geld, nie bewaring nie – navorsing

Die Suid-Afrikaanse omgewingsdepartement se standpunt dat trofeejag ‘n vorm van bewaring is op grond van die ekonomiese voordeel daarvan, maak nie sin nie. Só het navorsing van die organisasie Good Governance Africa bevind. Die navorsingstuk deur die natuurlike-hulpbron-ekonoom Ross Harvey wil weet wie word deur trofeejag bevoordeel en of dit geregverdig kan word. Harvey sê jagkwotas vir tien swart renosters, tien luiperds en 150 olifante is ook nie wetenskaplik bereken nie: