Troepe bly langer in Mosambiek, Namibië het net geld gestuur

President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van soldate in die Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek tot Januarie volgende jaar verleng. Dié ontplooiing kos byna ‘n miljard Namibiese dollar. Ramaphosa sê in ‘n brief aan die spreker van die Parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die weermag sal Mosambiek help om terreurdade en gewelddadige ekstremiste in die Cabo Delgado-provinsie te bekamp. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge sê Namibië se ondersteuning is finansieel en geen troepe is op die grond nie…