Trip Travel en NRU skik

Die partye in die saak waar Trip Travel betaling van meer as 2 miljoen Namibiese doller in onbetaalde reisreëlings van die Namibiese Rugby Unie en Namibië Rugby eis, sal vandag voor Regter Thomas Masuku voorkom om ‘n skikkingsooreenkoms te bekragtig. Die saak was eers verhoor in die Hoërhof en toe doen Trip Travel aansoek vir ‘n summiere vonnis in die Mosiehof wat ter elfder uur verdedig is. Die reisagentskap het die Hage Geingob Stadion in die hoofstad geëis. Die partye het geargumenteer oor die stadion se eienaarskap en waarde tydens die laaste verskyning en daarna ooreengekom om te skik. Trip Travel het reeds die aansoek in 2019 gebring.