Trekkerverkope styg met 30% in Suid-Afrika

Altesaam 724 trekkers is verlede maand in Suid-Afrika verkoop. Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging is dit 30 persent meer as die 561 eenhede van ‘n jaar gelede. Die voorsitter, Karel Munnik, sê verkope het op ‘n jaar-tot-jaar basis met 30 persent toegeneem en 5 382 eenhede is verkoop. Munnik sê stroperverkope het ook toegeneem met 21 wat verkoop is teenoor 11 in September verlede jaar. Hy sê boere in die oostelike dele van die land het begin om somergewasse aan te plant.