Meer as 1,7 miljoen Chinese ontwortel ná oorstromings in Shanxi-provinsie

Die Xinhua-nuusagentskap berig meer as 1,7 miljoen mense is in die Shanxi-provinsie in die noorde van China ontwortel ná oorstromings wat deur swaar reën veroorsaak is. Talle huise het ineengestort en vele grondstortings het plaasgevind terwyl aanhoudende stortreën reddingspogings kniehalter. Meer as 120 000 mense moes dringend ontruim en hervestig word. Werk in steenkoolmyne regoor Shanxi is gestaak weens die reën, wat tot kragonderbrekings gelei het.