Trekkers verkoop ook flink in Namibië

John Deere in Namibië het gereageer op die stygende trekkerverkope in die buurland. Onlangse data toon trekkerverkope in Suid-Afrika het jaar-op-jaar met 56 persent gestyg en 724 eenhede is verkoop. Die 2020-2021-tydperk was uitstekende tyd vir Suid-Afrikaanse landbou, aangesien kommoditeitspryse hoër was, en dit het boere se finansies en dus ook die trekkerverkope ‘n hupstoot gegee. In Namibië, sê John Deere se verkoopsbestuurder, Marius Cronje, aan Kosmos 94.1 Nuus sedert die Covid-pandemie in 2020 is sowat 100 trekkers verkoop en tot dusver vanjaar is 118 trekkers verkoop.