Agt Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het agt Covid-sterftes in drie distrikte, Oshikuku, Engela en Opuwo, aangemeld, asook 39 nuwe gevalle uit 1 546 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,5 persent is. In die groep is drie leerders van verskillende skole, twee onderwysers en studente elk en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 245 aktiewe gevalle waarvan 122 in hospitale is en 19 in intensiewesorgeenhede. Die adjunkminister van gesondheids, dr. Esther Muinjangue, verskaf die jongste Covid-statistieke.