Wes-Kaap neem 95 verdagtes die afgelope week in hegtenis

Die afgelope week is 95 mense in die Wes-Kaap weens talryke misdade in hegtenis geneem. Dit sluit dwelmhandel, diefstal, en besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, sê dis te danke aan die onlangse ontplooiing van polisiebeamptes by brandpunte in die provinsie. Sy woordvoerder, Wade Seale, sê hulle het die afgelope paar dae hard gewerk en meer as 7 000 mense in Nyanga, Mitchell’s Plain, Kraaifontein en Delft deursoek.