Trek- en kinderarbeid in kommunale gebiede in die soeklig

Trekarbeiders in die noordoostelike dele van die land is in die nuus. Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Mahongora Kavihuha, sê kommunale boere kom nie arbeidswette na nie maar, dat trekarbeiders ook die reg het tot waardigheid en beskerming. Daar is ook kommer oor kinderarbeid in die gebied. Die Kavango-Oos Boerevereniging se voorsitter, Adolf Muremi, sê daar is ‘n behoefte om die omvang van trek- en kinderarbeid in kommunale gebiede te bestudeer. Daar is uitdagings in die gebiede omdat inwoners van veral die Zambezi-streek, is nie gretig om as plaaswerkers te werk nie. Dus is die meeste werkers van Zambië afkomstig. Dit laat ook boere in ‘n penarie omdat hulle enige tyd die werk kan verlaat. Dit is ook moeilik om vir die mense maatskaplike beskerming te bied omdat hulle nie plaaslik geregistreer is nie.