Calle gesels oor opknapping van die Calueque-kanaal

Die landbouminister Calle Schlettwein het sy besoek aan Angola, om ondersoek in te stel na infrastruktuur wat Angola opgerig het wat watervoorsiening aan Namibië beïnvloed, afgesluit. Maar, hy het ook ander projekte, veral die Calueque-kanaal se opknappings op verskeie dele, besoek. Die kanaal voorsien water vanaf die Kunenerivier na die inwoners van die noordelike streke. Die kanaal val onder verskeie waterprojekte, ter waarde van 1,8 miljard Namibiese dollar, om watervoorsiening in die gebied te verseker – tot 2037. Hy het besoek afgelê by die kanaal.

Die burgemeester van Oshakati Leonard Hango sê ‘n reservoir met ‘n kapasiteit van ‘n miljoen kubieke meter water is ook opgerig indien daar onderbrekings vanaf Calueque, soos in die verlede, voorkom.