Trein stamp swartrenosterbul naby Kranzberg-stasie

‘n Swartrenosterbul is vanoggend net na middernag deur ‘n trein tussen die stasies van Kranzberg en Okunguati gestamp. Volgens Christiaan Kahuure, TransNamib se voorman by Kranzberg-stasie, het die trein die renoster teen sy agterlyf getref. Die bul lewe nog, maar kan nie opstaan nie. Kahuure het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy het die relevante owerhede dadelik ingelig en die polisie van Usakos is reeds op die toneel. Beamptes van die omgewingsministerie is op pad, waarna besluit sal word wat om met die renoster te doen. Kahuure sê dit is nog onbekend onder wie se bewaarderskap die renoster is.