Serena Williams in trane uit Amerikaanse Ope

Tennis: Serena Williams is uit die Amerikaanse Ope nadat sy in die derde ronde deur Ajla Tomljanović uitgeskakel is. In ’n wedstryd wat ’n bietjie langer as drie uur geduur het, het die Australiër die vrou wat 73 enkelspel-titels en 23 Grand Slam-toernooie gewen het met 7-5, 6-7 en 6-1 verslaan om na die laaste 16 deur te dring. In die mansafdeling het Andy Murray ‘n frustrerende nederlaag van vier stelle teen Italië se Matteo Berrettini gely. Die Skot wou die eerste keer by ‘n Grand Slam-toernooi weer die laaste 16 haal sedert sy heup-probleme in 2017 begin het, maar is met 6-4, 6-4, 6-7 en 6-3 in die Arthur Ashe-stadion geklop.