Loterykommissie in SA se nuwe waarnemende hoof aangestel

Die Nasionale Loterykommissie in die buurland het die aanstelling van die voormalige direkteur-generaal van handel, nywerheid en mededinging, Lionel October, as sy waarnemende kommissaris aangekondig. Dit volg op die bedanking van Thabang Mampane as waarnemende kommissaris. October se aanstelling volg op dié van die menseregte-prokureur, Barney Pityana, as voorsitter van die direksie van die kommissie. October het in April verlede jaar die pos as direkteur-generaal van die departement ontruim om die posisie as hoof van die nuwe Eenheid vir Spesiale Ekonomiese Sones by die Nywerheidsontwikkelingskorporasie op te neem.