Trein-brandstigter kry 20 jaar agter tralies

Die Wes-Kaapse Direkteur van Openbare Vervolgings, Nicolette Bell, het die vonnis van ‘n man geloof wat ‘n trein van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika in Maart 2020 aan die brand gesteek en skade van 3,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aangerig het. Die NVG se streekwoordvoerder, Eric Ntabazalila, sê Ricardo Khan is 20-jaar tronkstraf opgelê. Ntabazalila sê Khan is skuldig bevind op ‘n aanklag van die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur: