Trauma-sentrums nodig in Namibië

Die skakelbeampte by die Swakopmundse munisipaliteit, Linda Mupua, sê daar is ‘n behoefte om trauma-sentrums in Namibië te hê vir beide onderwysers en leerders om ‘n veilige ruimte te bied wat hulle in staat sal stel om te praat en gehoor te word. Volgens Mupupa kan onopgeloste trauma die prestasie van beide onderwysers en leerders belemmer. Sy sê trauma op sigself veroorsaak ‘n hindernis, wat dit moeilik maak om liefde te ontvang of te gee, en as onderwyser is dit belangrik om te weet hoe om liefde te betoon aan leerders in klaskamers.