President van Botswana besoek Geingob

Botswana se President Mokgweetsi Masisi was op ‘n eendag-werkbesoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob. Die twee lande het einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou, onder voorsitterskap van Geingob en Masisi. Die sitting het daartoe gelei dat ‘n aantal besluite geneem is om bestaande bilaterale bande te versterk. Van die sleutelbesluite is die eenstop-grenspos by Mamuno en die Trans-Kalahari-grensposte. Die eenstop-grenspos word vanjaar amptelik ingehuldig. Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê die lande se amptenare sou vorderingsverslae aan Geingob en Masisi verskaf het.