Beurtkrag bedreig voedselsekerheid in SA

Landbouverenigings in die buurland vrees die voortslepende energiekrisis kan ‘n nadelige uitwerking hê op voedselsekerheid. Opkomende boere wat besproeiingsgewasse, pluimvee, melk en vrugte vir uitvoer produseer, verkeer onder geweldige spanning, want beurtkrag lei vir hulle tot groot verliese. Die uitvoerende hoof van die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika, Thandeka Mbassa, sê die nie-nakoming van slag-tydsones sal ook noodwendig daartoe lei dat boere baie meer vir voer moet betaal.