Transnet: Vervolgingsgesag seker van sy saak

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika sê hy is vol vertroue dat nog mense binnekort in hegtenis geneem sal word in verband met die multimilljoen Suid-Afrikaanse rand se lokomotief-tender. Vier voormalige Transnet-hoofde, insluitend die gewese uitvoerende hoof Brian Molefe, en hoof van finansies Anoj Singh, is gister gearresteer op aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die saak hou verband met ‘n korrupsie- en bedrogsaak van 93 miljoen rand nadat meer as ‘n duisend lokomotiewe in 2015 aangekoop is. Die NVG-woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê hulle het ‘n waterdigte saak: