Transnet-staking kan nie op ‘n slegter tyd vir SA se ekonomie plaasvind nie

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vraghanteerders, Devlyn Naidoo, sê die Transnet-staking gaan die ekonomie wurg en onherstelbare skade aanrig. Hy doen ‘n beroep op dringende en beslissende optrede. Volgens Naidoo besef die besluitnemers nie die volle omvang van die ekonomiese uitwerking van die staking nie. Hy voeg by die onbedoelde gevolge van stakings by hawens sal baie erger wees as die huidige energiekrisis as dit net so gelaat word om voort te gaan, want die jongste skok vir die ekonomie kon nie op ‘n slegter tyd gekom het nie: