Boere loof Schlettwein se aanmerkings oor uraanontginning by Leonardville

Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het die aankondiging van die landbouminister, Calle Schlettwein, dat daar geen eksplorasiewerk by akwifers en ander ondergrondse waterbronne sal plaasvind nie, verwelkom. Die minister het die aanmerkings verlede week gemaak en spesifiek melding gemaak van die Russiese boorwerk vir uraan in die omgewing van Leonardville. Die eksplorasie het wyd reaksie uitgelok met baie teenstand van die boere-gemeenskap. Gouws sê die boeregemeenskap is dankbaar.