Transnet-staking kan impak op voorraad stralerbrandstof hê

Die voorraad stralerbrandstof by Suid-Afrika se hoof-lughawens kan moontlik in gedrang wees gedurende die spitstyd van die somer-toerismeseisoen. Dit sal die geval wees as die Transnet-staking voortduur. Die uitvoerende hoof van die Lugdienste-vereniging van Suider-Afrika, Aaron Munetsi, waarsku die verset-optrede is in ‘n tyd dat lugdienste verdere ontwrigting die minste kan bekostig. Die vereniging sê hy ondersteun werkers se grondwetlike reg op verset-optrede en staking, maar in hierdie geval sal Suid-Afrikaners en die ekonomie die gevolge van die optrede moet dra.