Omgewingsaktiviste teiken Van Gogh se Sonneblomme-skildery

Omgewingsaktiviste het tamatiesop oor Vincent van Gogh se beroemde skildery Sonneblomme uitgegooi in Londen se Nasionale Galery. Internasionale media berig die Just Stop Oil-veldtoggroep het ‘n video geplaas wat wys hoe die twee aktiviste twee blikkies sop oor die skildery uitgooi, voordat hulle hulself aan die muur vasgom. Een van die aktiviste kan gehoor word wat sê, “Wat is meer werd, kuns of lewe?” Die Nasionale Galery sê daar is geringe skade aan die raam, maar die geglasuurde skildery het niks oorgekom nie.