Waar is die hulp van die regering met die Suide-brand?

Met die verwoestende veldbrand in die suide van Namibië, blyk dit dat die boere op hul eie is met min of geen ondersteuning van die regering nie. Die boere het hulp ontbied van enigiemand wat dalk ‘n helikopter het om te gaan help met die bestryding van die brand. Die ministerie van verdediging sowel as die polisie het hierdie geriewe, maar het tot dusver nie gereageer nie. Kosmos 94.1 Nuus het na die omgewingsministerie uitgereik en gevra wie moet gemobiliseer word sodat hierdie boere bygestaan kan word. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het so gereageer …

https://iframe.iono.fm/e/1239468