Transnet sleep Chinese maatskappy hof toe oor onderdele

Transnet het ‘n aansoek by die Hooggeregshof ingedien teen China Railway Rolling Stock Corporation E-Loco Supply. Hy wil ‘n bevel bekom wat die Chinese maatskappy sal dwing om onderdele en komponente te verskaf wat nodig is om 120 lokomotiewe weer in diens te stel. Die dooiepunt het ontstaan toe Transnet in 2019 besluit het om ‘n kontrak vir 465 diesel- en 599 elektriese lokomotiewe te kanselleer. Transnet se woordvoerder, Ayanda Shezi, sê die aansoek versoek ‘n vinnige verhoor om die onmiddellike beskikbaarstelling van die onderdele te verseker: