Groot opgewondenheid oor sporttoekennings op Lüderitz

Die MTC en Namibiese Sportkommissie se jaarlikse sporttoekennings is om die draai. Die jaarlikse geleentheid vind vanjaar op 5 November op Lüderitz in die Karas-streek plaas. Dit is ‘n byeenkoms waar sportlui se prestasies beloon en erken word. Freddy Mwiya, hoof-administrateur van die Namibiese Sportkommissie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die doelwit om hierdie geleentheid na die mees afgeleë gebiede te neem, is om jongmense te motiveer om aan sport deel te neem.