Angela Lansbury sterf, laaste van Hollywood se ‘Golden Age’

Dame Angela Lansbury, wat internasionale roem verwerf het as die ster van die Amerikaanse TV-misdaadreeks Murder, she wrote, is op 96-jarige ouderdom oorlede. Die driemalige Oscar-benoemde aktrise het ‘n loopbaan gehad wat oor agt dekades gestrek het. Sy sal ook onthou word vir haar rol as Mrs Potts in die 1991-treffer Beauty and the Beast. Sy was een van die laaste oorlewende sterre van die sogenaamde Golden Age van Hollywood-films. In ‘n verklaring deur haar familie is sy in haar slaap oorlede, vyf dae voor haar 97ste verjaardag. Sy is in 1942 op die ouderdom van 17, deur ‘n Hollywood-bestuurder by ‘n partytjie opgemerk en het haar eerste rol as ‘n bediende in die 1944-rolprent Gaslight gekry. Sy is vir ‘n Oscar vir daardie rol benoem.