Transnet-hoës vrygelaat op borgtog

Die gespesialiseerde misdaadhof in Palm Ridge, Gauteng het die korrupsiesaak van 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand teen verskeie voormalige Transnet-bestuurders tot 14 Oktober uitgestel. Voormalige uitvoerende hoof van die groep, Brian Molefe, voormalige finansiële hoof, Anoj Singh en vier ander voormalige uitvoerende bestuurders van Transnet, is vanoggend in hegtenis geneem. Dit volg op die vroeëre inhegtenisneming van nog ‘n voormalige uitvoerende hoof, Siyabonga Gama, en ander. Die uitvoerende bestuurders word daarvan beskuldig dat hulle wederregtelik tenderfondse van die staatsbeheerde entiteit ontvang het. Landdros Emmanuel Magampa het borgtog aan hulle toegestaan nadat die staat dit nie teengestaan het nie.