Springbokke steeds derde op wêreldranglys 

Rugby: Die Springbokke klou aan die derde plek op die wêreldranglys ondanks hulle nederlaag Saterdag teen die Wallabies. Die All Blacks is weer in die vyfde plek, hul laagste posisie nog, nadat hulle op hulle tuisveld teen die Pumas verloor het. Suid-Afrika is met 25-17 geklop in ‘n toets wat gewemel het van omstrede beslissings deur die skeidsregter terwyl Argentinië sy eerste oorwinning nog oor Nieu-Seeland op sy tuisveld behaal het. Ierland is steeds in die eerste plek op die ranglys, gevolg deur Frankryk, met Engeland in die vierde plek, die Wallabies in die sesde en Argentinië in die sewende plek.